Finansiële State
Oranje Fin verwerk transaksies tot op Proefbalansvlak outomaties, sodat 'n Balansstaat (Bates en Laste) en Inkomstestaat (Inkomstes en Uitgawes) beskikbaar is na elke geposte transaksie.

Oranje Fin Substelsels
Debiteure of Klante - Belasting Fakture en Maandstate kan geproduseer word; Outomatiese renteberekeninge op agterstallige bedrae kan opsioneel bereken en deurgetrek word; Debiteur rekeninge kan gerekonsilieer word. Tot 999 klante kan opgestel word.
Krediteure of Verskaffers - Krediteure Rekonsiliasies , Tot 999 verskaffers kan opgestel word
Kasboeke - Verskeie Kasboeke kan opgestel word, een vir elke bank. Maklike Bankrekonsiliasies kan vir elk gedoen word. Rekonsilieer bankstaat vir bankstaat foute vinnig op te spoor. Bankstate kan ge-import word wat invoer werk heelwat vergemaklik.
BTW - Kan gedoen word op Faktuurbasis of Betalingsbasis.
Begroting - 'n Begroting kan opgestel om begrote syfers teenoor werklike syfers te vergelyk op 'n maand tot maand basis of jaar tot datum.
Kontantvloei - Die verslag word outomaties gegeneer gebaseer op transaksies ingevoer.
Eksterne Kontantvloei - Handig vir opstelling van Kontantvloeibegrotings in die formaat wat begin- en eindbanksaldos per maand vertoon.
Grootboeke - INKOMSTE- en UITGAWE rekeninge, asook BATES en LASTE rekeninge kan fyn genoeg opgestel word om verlangde inligting maklik beskikbaar te hê.

Spesiale ingeboude funksies
Transaksies wat gereeld herhaal word kan eenmalig opgestel word, en maklik ingevoer word wanneer dit verlang word.
Zoem funksies is ingebou om maklik rekeninge en kodes te vind.
Soekfasiliteite is ingebou om transaksies en fakture maklik op te spoor
'n Maklike RUGSTEUN en HERWIN fasiliteit bestaan.
Transaksies kan uitgevoer word na EXCEL.
Bankstate kan ingevoer word sonder om elke bank transaksie oor in te lees.
Redigeer opsies bestaan om foute gepos agterna reg te stel.
Transaksies wat gepos is na verkeerde rekeninge kan ook maklik verskuif word na die regte rekening.
Bankbetalings of depositos inbetaal met dieselfde verwysingsnommer, kan opgedeel word na verskillende kostekodes toe.
Kopie funksies is ingebou om tydens invoere onnodige herhaalde invoere soos datum, verwysingsno, periode ens uit te skakel.

Wat maak Oranje Fin Uniek
Beide die produk en diens. Ons produk is bekostigbaar en kan al die werk doen. Verder is ons diens aan klante ons trots. Ons kliënte basis word nie gevorm uit eenmalige transaksies nie, dis meesal 'n lang professionele verbintenis waarby wedersydse respek en klante tevredenheid heel bo-aan die lys is.

Prys van Program & Dienskontrak wat jou gratis program ondersteuning bied.
Die Prys van Oranje Fin is R2500.00. Na 'n jaar van aankope, en jaarliks daarna is 'n verpligte dienskontrak van R1500.00 betaalbaar. Die gelde eskaleer en sal altyd op die webblad beskikbaar wees. Die dienskontrak gelde kan ook gesien word as die jaarlikse lisensie gelde. Sien gerus ons termes en voorwaardes vir die dienskontrak. Dit sluit in alle opgraderings gedurende die jaar asook telefoniese ondersteuning telefoonkoste uitgesluit.

Boekhou Kursus
Ons het 'n verkorte handleiding saamgestel om jou te help om algemene boekhouding te verstaan sou jy dit wou leer. Dit help altyd as jy weet hoe en waar transaksies gepos word, veral as jy regstellings wil aanbring. Oranje Fin sal vir sy klante die nodige bystand verleen om algemene boekhoudingsbegrippe baas te raak.

Oranje Lone
Oranje Lone is ons sagteware pakket om Salarisse en Lone te doen. Besoek gerus ORANJE LONE se webblad vir meer besonderhede.
Oranje Fin is 'n kragtige en volledige boekhou program wat maklik is om te gebruik. Selfs al weet jy nie veel van boekhouding nie, sal Oranje Fin die regte keuse wees om jou syfers in orde te kry vir jou boerdery of besigheid. Jy hoef nie 'n plaas te betaal om jou plaas te bestuur nie!. Jy hoef nie 'n ouditeur te wees om jou boeke te doen nie. Ons help jou met die maklike opstelling en gebruik van die program. Korrekte opstelling en noukeurig ingevoerde data sal deur Oranje Fin verwerk word tot betroubare inligting wat nuttig aangewend kan word vir bestuursbesluite, indiening van opgawes en algemene verslaggewing.  
BALANSSTAAT & INKOMSTESTAAT
BATES & LASTE
INKOMSTES & UITGAWES
KASBOEKE & GROOTBOEKE
DEBITEURE & KREDITEURE
BTW & FAKTURE & STATE
BEGROTINGS & KONTANTVLOEI
RUGSTEUN & HERWINNING
EXPORT NA EXCEL
IMPORTS VANAF BANKSTATE
GEBRUIKERSVRIENDELIK
ONDERSTEUNING & OPLEIDING
AFRIKAANS OF ENGELS
BOERDERY OF BESIGHEID
Offventure cc t/a Oranje Fin , Jameson Ave 4, Door De Kraal, Bellville, 7530 , South Africa